Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wereldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met 'n splinternuwe boek en die keer ondergaan die nederige braaibroodjie 'n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur - dis mos nou lekker!